DANKIE VRIENDIN!
Dae wissel in skakering, Dinsdag was blou...diep-blou, lig-blou , baba-blou, ...blou soos die see...blou my gedagtes ...wie sal verstaan! sing Laurika en ek nog harder saam.Maar jy vriendin, het daar in die winkel sommer tot in my blou hart in gekyk en verstaan. Dankie vir die tissue wat jy aangebied het, maar ook nie gehad het nie...jy was darem my spieël wat die maskara strepe sou uitwys indien hulle onder my wangbene sit. Dankie dat jy aangebied het om my slegte paaie saam met my te stap, al het jy 'n afspraak gehad vir later, dankie dat ek vir 'n oomblik my muur saam met jou kon omskop en sommer net ons kon wees!
Vandag vier ek fees! Op jou!

0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home