BEBOS!

Dis 'n lang tyd sedert ek hier kom gesels het - nie omdat daar niks is om te vertel nie, maar sekerlik omdat die lewe net so wispulturig hier om my kom rond dans het in die laaste 2 weke!
Dis dan wat mens bietjie leeg voel as jy binnetoe kyk, en besef dat jy maar min aandag gegee het aan Hart, wat getrou nog hier binne maar aanhou klop en Longe, wat maar so deur die hoes en proes steeds getrou suurstof aan my sawwe lyf voorsien...en Siel wat nog altyd hunker na meer, maar nie ongeduldig wag op sy kos nie...LYF, O SWANGER LYF! Nog net 8 weke! Dan wag ons nuwe uitdagings!
Ek ( EN LYF) voel soos 'n bos...nie 'n bos soos in plantasie-bos nie, eerder die plant-tipe bos! Een wat wild groei, oor 'n muur moet groei, toe moet groei, reg moet groei, maar nou - deurmekaar bos! Geloof my blare wat skadu gee en die Here se liefde die lente blomme op my kroon. Groei is - soos nou vir my - soms deurmekaar, soms stadig, soms sluimerend, maar altyd daar...onsienlik vir die blote oog.
Snoei my Here, tot 'n hartsbos!

0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home