Friday, September 01, 2006

LEWE!

1 September 2006!

Toe ek op 4 April vanjaar 'n tuis-swangerskapstoetsie gedoen het wat homself alte kordaat positief bewys het, het ek half in trane ( van paniek en vrees) na die ou witstinkhout voor my kantoor venster gestaar. Hy het pas begin verkleur...Voor hierdie babatjie kom moet hy nog al sy blare verloor, 'n seisoen-ewigheid kaal in die weer staan, weer blare kry en eers as hy weer sade het...dan eers is hierdie selletjie 'n mensie wat gereed is om haar ouers te ontmoet.

Die ou witstinkhout het seker so 2 weke terug sy lentebui kom aankondig en my herinner aan my gedagtes daardie herfsdag wat toe bietjie meer winterig daarna uitgesien het...maar nou verseker ruik die lewe na lente. Een van die dae kan ek slapies tel tot die groot dag.

My oupa is op 1 September 1996 oorlede, ook van daardie dag, onthou ek slegs die vars reuk in die lug en my ouma wat noem dat "Pa hierdie lekker dag darem ook baie (sou) geniet het". Ek glo dat Oupa daardie dag wel baie geniet het.

Liewe vriendin, vriend, geesgenoot...Vandag vier ek fees! OP DIE LENTE! Op nuwe lewe en die lewe hierna!

1 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Ai, ek lees nou seker 3 postings en besef hoe lank laas ek kom lees het en ek het dit gemis. Dankie, dit maak my dag om al hierdie "rubrieke" te lees. Hier is 'n vrou by die werk (ons het presies op dieselfde dag getrou) wat ook pregnant is nou en party dae voel dit vir my...ek wens dit was ek...2 van my vriendinne is ook pregnant...maar ek voel content in die wete dat ek my hart en siel gegee het vir netbal tot op 33 jarige ouderdom, ek het die einste ding wat een van my "oxygenne" is, voluit geleef. Dit is so voorreg om te KAN en om jou hart en siel in iets te sit. Van 1983 af speel ek netbal, ek was in St 2. Ek sien sooooo uit na nog een trippie na die een land waar ek nog my land wou verteenwoordig...AUSTRALIE...die land wat net eenvoudig uitstekend is met netbal. Beste van alles is, ek gaan saam met my liewe man en dan saam met baie spesiale vriendinne. Wat 'n voorreg om te kan oorsee gaan, daar is mense wat nie eers weet wat dit beteken nie. Al wat ek met hierdie boodskap wil sê is, wees altyd dankbaar vir alles wat jy het, is...alles kom van God die gewer van alle goeie gawes. Mag julle almal die mooi van die natuur beleef en NIKS miskyk nie !! xxx

Thursday, 07 September, 2006  

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home