UIT ALLES WAT SLEG IS!

Liewe vriendinne!
Die koue vreet vir oulaas aan ons hier in die Noorde van die sonskynland - winter vir oulaas! En hoeveel belofte hou dit nie in vir 'n heerlike lente wat om die draai is nie! Nuwe dinge! Nuwe kuiers op die stoep, nuwe wandelinge in die strate, laat aand kuiers voor die kaggel word verruil vir laaang Saterdag kuiers voor die braaier!
Ja - uit alles wat skynbaar dood is, ontplof die mooiste blomme van genade! Jesus sê dit self so mooi as Hy oor Sy eie dood praat in Johannes 16: 20 - 21
"Dit verseker Ek julle: Julle sal huil en treur, maar die wêreld sal
bly wees. Julle sal bedroef word, maar julle droefheid sal in blydskap
verander. 'n Vrou kry swaar wanneer haar tyd gekom het en haar kindjie gebore
word. Maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan die pyn
nie, so bly is sy dat daar 'n mens in die wêreld gekom het." ( Let op die beloftes in rooi!)
En dan is daar nog 'n belofte uit die seer ook:
"D¡t verseker Ek julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en
sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in." (Joh 12:24)
Jesus sterf aan die kruis...Die KRUIS word vir ons as verlostes 'n teken van DOOD.
Jesus sterf aan die kruis vir ONS...EN LEWE...Die KRUIS word vir ons as verlostes 'n teken van HOOP! Kom ons VIER FEES! Ons klink 'n glasie op 'n Almagtige Here, 'n Broer aan die kruis wat lewe en lewe gee en natuurlik - op HOOP!
Kom vier fees saam met my hierdie week vriendin! 'n Fees te viering van HOOP!

0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home