NET 'N OOMBLIK
Die tyd staan nie stil nie! In hierdie maand...om meer presies te wees...op die 18e Augustus was dit presies 6 jaar terug wat ek en my ouers 00:30 in die oggend wakker geword het elk afsonderlik, maar in dieselfde huis , met 'n vuurwapen in die gesig. Die 5 gewapende mans het genadeloos weggestap met meer as ons aardse besittings, maar ook met ons vertroue in die mensdom, ons geloofwaardigheid in 'n regsstelsel en rustige slaap.
Die 3 uur lange oomblik het my lewe om ver gewerp...ek is skaamteloos bang vir die donker.
Vandag, 6 jaar later...het ek 'n wonderlike pad gestap van genade, vergifnis en troos, maar ek slaap steeds met een oog oop...daar is nog die minder gereelde paniekaanval...daar is die vrees vir die volgende keer...
Ek het lewendig daardie aand , arms en bene vasgebind om 3:30 in die straat af gehop na die bure op die oorkanste hoek, nagrokkie aan, onbewus van die laaste van winter wat nog aan die knaag was om hulp te gaan soek...lewendig!
Ons kan nie kies hoe ons sterf nie, ook nie wanneer ons gaan skrik of te pletter teen die grond gaan val van teleurstelling nie, maar ons kan wel kies hoe ons gaan leef.
Vir elke Suid-Afrikaner wat op hierdie oomblik so bewus is van die geweld en misdaad in ons land - kom ons vier fees! Want ons kan kies om steeds te bly glo dat God ons gebede verhoor en dat ons 'n keuse het oor hoe ons gaan leef!

0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home