Monday, August 28, 2006

KERNKRAG!


Liewe julle!

Atoom splitsing - dis waarin ek van nou af 'n spesialis wil wees! Om die kleinste deeltjie moontlik te kan laat ontplof in die grootste reaksie ooit! En voortdurend!

Oomblike is soos atome - die kleinste deeltjie van iets baie groters - 'n oomblik is slegs 'n deeltjie van ons toekoms. Almal van ons weet wat gebeur as 'n atoom gesplit word - KABOOMMMM - dis 'n Hirosjima of 'n Koeberg.

Ons kan nie besluit hoe ons die verlede gaan verander nie, maar wel hoe ons die hede gaan split om die toekoms te bepaal. En die hede is net 'n oomblik..nou al weer verby en nou al weer besig met die volgende oomblik...maar daar's hy alweer verby en hier gaan nog een...en hierdie een...

Vandag kies ek om atome te split - om 'n Koeberg vir die toekoms te wees. Ek kies om oomblike te split om Godelike krag oor die aarde te laat golf en die Gees deur my vryheid te gee om te spoel deur die mense om my!

Liefste vriendin...mag jy 'n asemrowende week beleef! Mag jou kosblikkie werk toe lekker vars goedjies in hê, mag jy liewer as ooit voel vir jou man en mag jou kindertjies hierdie week nog meer opvreetbaar wees! Split die oomblik en drink saam met my 'n glasie op die lewe!

PS: Vandag is ek 25 weke swanger met ons eerste! Madeleine - wat beteken "Tall tower". Sy skop gedurig, wriemel haar reg en kruip in my hart in...ek kan nie wag nie!

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home