Tuesday, August 15, 2006

THE GIG!

Vriendinne!

Ek en my geliefde eggenoot is verlede Vrydagaand sommer op die ingewing van die oomblik na 'n show - of sal ek sommer nou al die woord gig gebruik- van Coenie de Villiers! Voor jy verder vooroordele maak oor ons musieksmaak of die ouderdom van die betrokke musikant, doen jouself tog maar die guns eendag en gaan luister self - beleef self die klavier onder daardie uitmuntende skeppende vingers en die geniale woordkunstenaar agter die mikrofoon! Eenvoudig puik!

Coenie vertel ons toe die ou storietjie van die woord GIG - 'n term wat wêreldwyd klaarblyklik onder alle persone in die vermaaklikheidsbedryf gebruik word vir wat ons gereeld noem "'n show", vertoning, opvoering en ander derglike benamings wat daar ook al mag wees.

Die woordjie GIG het sy oorsprong 'n paar eeue terug in die Suide van Amerika, onder die swart katoenplukkers wat vir 'n appel en ui deur die warm somer moes worstel op die lande. Sommige van die musikales - en in 'n poging om so ietsie ekstra te verdien, het laatmiddag dorpie se kant toe gestaan en op die straathoek gaan stelling inneem. Hier het een die banjo getokkel en die res ingeval met stem. So sou dorpenaars per geleentheid 'n muntstuk in hulle rigting flik - met 'n dankbare hand wat dit vinnig opraap en sag die woorde "God Is Great" uiter. Vandaar die woordie GIG. GOD IS GREAT!

Laat my dink aan Shakespear wat sê dat " all the world is a stage" - ek en jy die akteurs in 'n GIG!

Vandag vier ek fees! Want GOG IS GROOT!

So terloops - met 'n vinnige soektog na die oorsprong van woorde op Google kon ek wel vele ander verklarings vir die woordjie GIG vind, maar nooit Coenie s'n nie. Wel...GOD IS STEEDS GROOT!
Lees gerus bietjie verder oor woorde se oorspronge by http://www.wordorigins.org/

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home