Wednesday, July 26, 2006

Aan al my vriendinne in Christus!

Die Here roep mens elke dag op 'n baie spesiale manier om weer na Sy stem te luister. Is dit nie 'n voorreg om Hom te mag ken nie - en dit as onvolmaaktes! Elke dag is ek so bewus van my eie tekortkomings - die eie ek wat weer inkruip, die duisende kere wat ek Hom verloën - maar Sy genade stortvloed elke dag weer neer om ons skoon te was.

Hierdie BLOG rig ek vandag op in die hoop dat ons as mede gelowiges mekaar sal vind ook op die web.Om sodoende mekaar se laste te help dra deur elke eenvoudige dag wat ons stap. Die idee is dat ieder en elk haar hart hier kan kom oopmaak en dat ons met mekaar sal deel - goeie en die slegte, die genade en die beproewinge!

Mag die Here elkeen van ons seën en my gebed is dat hierdie BLOG ook sal groei tot 'n vrugdraende boom - soos net die Tuinier dit verlang!

Liefde in Christus
Donette

1 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Uiteindelik 'n blaaskans en 'nrustige tydjie om die webblad te besoek. Dankie vir die inisiatief, Donette! Mag die Here gee dat die saad op vrugbare grond sal val!
Ek lees Nelri se kommentaar en weet presies hoe sy voel! My (enigste) broer is in Brisbane, Australia. En hoe seer was my hart (ek het rerig gehuil sonner ophou!!) so 3 naweke terug toe ons Bok-span in Brisbane verslaan word en my broer se 15jarige seuntjie sit trots in die stadion met sy springboktrui te midde van Aussies wat hom koggel - eers so trots en toe so verneder. Ek wens dit was nie nodig vir hom om daar te wees en sy Suid-Afrika te mis nie. Ek wens ek kon daar wees om hom teen die teleurstelling te beskerm. Dit het nie vir my gegaan oor die wedstryd as sulks nie - maar oor die "groot prentjie" - mens drome en ideale, hoop en verwagtings. En so wil ek ook met passie sê (en vra), kom ons bid gedurig en aanhoudend vir ons land! Kom ons wees 'n volk vir God wat Hom getrou dien en nie lou is nie, maar witwarm en aan die brand en aansteeklik!

Sunday, 20 August, 2006  

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home